Dagstukkies vir fokustyd, Week 1, Maandag

Maandag – Die oorspronklike missie

o Genesis 1: 1, 26, 27

o Wat was die oorspronklike verhouding tussen die mens en God?

o Hoe sou die mens hierdie doel bereik?

Die lewe het nog nooit oor jou gegaan nie. Nooit ooit nie. God het die mens geskape om ‘n voorstelling van God te wees in die manier waarop die mense met God se skepping omgegaan het. Dit moes bydra tot die heerlikheid van God soos ʼn kunswerk bydra tot die roem van die kunstenaar. God en sy wonderlike karakter moes die eerste wees waaraan iemand sou dink wat ʼn mens sou sien. Vandag is mense gemik op hulself en hul eie roem en eer – los van God. Selfs ʼn mens se interaksie met die skepping is meestal vir sy eie gewin, plesier of heerlikheid. Hoekom is dit so moeilik vir jou om nie op jouself te fokus nie? Bid hieroor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *