Deel van die werk van die Deputate Kerkgroeibediening is om ‘n proses te skep waar soveel moontlik lidmate en kerke wat wil deelneem begelei word op ‘n pad van persoonlike vernuwing en herfokus op God se missie en ons roeping as kerke. Hulle gebruik twee maniere om dit te laat gebeur, nl ‘n Fokustyd en ‘n Feesdag.
‘n Fokustyd in ‘n gemeente is wanneer die hele gemeente vir ‘n bepaalde tyd hulself verbind om skerp te fokus op ‘n sekere tema. Die Deputate het ‘n fokustyd gids opgestel wat oor ses weke strek en deur die hele gemeente gevolg kan word. Die gids bied die ses temas van die Kerkgroeibediening op ‘n hanteerbare manier aan vir kerke om dit te verken. Die gids bevat preekwenke vir elke Sondag, dagstukkies en groepstudies vir elkeen van die temas. Ons gemeente gaan ook inskakel hierby en ons fokustyd begin hierdie week en eindig op 27 Oktober, met ‘n feesdag op 01 November. Ons gaan oor die volgende paar weke elke dag se dagstukkies soos deurgegee in die gids, ook op ons webwerf publiseer. Indien julle meer inligting wil bekom, stuur gerus ‘n e-pos aan: gksuidkus@gmail.com.