Op soek na ‘n ietsie warms te midde van die winterkoue? Ons het net die ding – die uitsien na ‘n vrolike, feestelike, warm lentefees op 01 September vanaf 08:00 in ons kerkgebou. Dit beloof om ‘n heerlike geleentheid te wees waar jy enigiets kan kry van heerlike ontbyt-jafels tot 4 soorte potjiekos, kerrie en rys, sosaties, en nog baie meer, die wonderlikste gebak, kunstige handwerk, pragtige plante, boeke te kus en te keur en natuurlik al die items wat sê : “one man’s rubbish is another man’s treasure”! Ons gaan ook ‘n volbloed rommelverkoping hê op Vrydag, 31 Augustus vanaf 06:30 – 09:300. Moet dit nie misloop nie! Kontak gerus vir Doug Hannaway, sel 083 419 0822 of Liana Schutte, sel 084 581 3809 vir meer inligting. Sien jou daar!