Inligting vir vakansiegangers, Des 2016

Ons verwelkom alle vakansiegangers aan die Suidkus.  Ons hoop julle het ‘n heerlike tydjie hier in ons geweste en dat julle jul vakansie sal geniet.  Ons herinner net aan ons eredienstye: elke Sondag om 09:00 en ook Kersdag om 09:00. Die diens op Versoeningsdag vind plaas by die NG Kerk Port Shepstone om 09:00.   Kom kuier gerus ook vir ons by ons pannekoekstalletjie (langs die poskantoor) tydens Margate Mardigrass, 14, 21 en 28 Desember en 04 Januarie.  Namens ons gemeente wens ons julle ook ‘n baie geseënde Kerstyd toe.  Mag hierdie Kerstyd ons ook weer opnuut God se groot geskenk aan ons laat raaksien en mag Christus die middelpunt wees van ons Kersvieringe.  Vir enige navrae kontak gerus vir Liana Schutte, sel 084 581 3809.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *