20150816_134423_resized_1

Besige naweek!

Roxanne Babatee 3

Wat ‘n heerlike naweek was dit nie!  Saterdag het ons die voorreg gehad om Roxanne so bietjie te bederf met ‘n babatee (wonder wie van sy of al die oumas  het dit die meeste geniet?).  Sondag is ons tydens die eerste diens opnuut daaraan herinner dat ons die geleenthede wat God op ons pad stuur om Sy Woord uit te dra moet raaksien en aangryp.  By die Informele diens het ons geleer hoe belangrik dit is om die regte keuses te maak en watter invloed verkeerde keuses op ons lewens kan hê.  Daarna het blok 4 se lidmate ‘n heerlike bring en braai gehad wat ook sommer ‘n gesamentlike huisbesoek was.  Wat ‘n voorreg om op soveel verskillende terreine in een naweek die gemeenskap van gelowiges te beleef.  Mag julle almal ‘n geseënde week beleef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *