Fokustyd, week 5 – Saterdag

Saterdag – Woord en Sakramente

  • 2 Tim 3: 14-17 & Hebreërs 4: 12,13
  • 1 Kor. 11: 23-34

 

Jy mag dalk gretig soek na God se stem en werk in jou lewe… maar luister jy waar en wanneer Hy praat? By ‘n Bybelstudiegroep, ‘n erediens of in daaglikse persoonlike stiltetyd. Werk jy dan saam met wat jy daar hoor? Word jy opgewonde en versterk deur die evangelie wat in die doop of nagmaal vir jou gedemonstreer word? Dissipels van Jesus Christus moet ‘n gereelde en gesonde dieet van God se evangelie vir ons harte en gedagtes volg. Moenie geleenthede afskeep waar jy saam met ander gereeld bemoedig en versterk kan word deur wat God vir jou voorsien het in sy Woord en sakramente nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *