Fokustyd, week 6 – Maandag

Maandag – Pasop

  • Kol 2: 6-10

Soms is dinge bo blink maar onder stink. Soos ‘n blink appel met ‘n wurm binne. Alles in die kerk lyk in plek. Mense kan hul saak argumenteer oor wat en hoe die ware regte manier is. Hulle kan jou aandag met goed deurdagte teorieë vang, maar sonder dat jy vasgevang word deur Christus. Vers 8 gebruik doelbewus die woord ‘gevange’ (in die  Grieks) omdat mense vasgevang word deur menslike konkoksies wat vrees en slawerny bring, eerder as deur  Christus watvryheid en vreugde bring. Ongeag die bedieningsbenadering, strukture of tradisies van julle kerk… voel jy vasgevang in die stelsel of vasgegryp deur Christus?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *