IMG_20200307_101355

Sustersaamtrek, KZN, 07 Mrt 2020 aangebied deur GK Suidkus, Port Shepstone

120 Susters vanoor die hele KZN – Vryheid tot Empangeni, Newcastle tot Amanzimtoti en almal tussenin – wat ‘n voorreg was dit nie om almal hier te ontvang nie! Die weer het saamgespeel met ‘n heerlike sonskyn dag en die lekker kuiers het almal se harte sommer warm gemaak! Die pragtige blomme in die voorportaal, kerk en saal het die tonge aan die praat gehad! Die uitstallers het ons ons laat verkyk aan mooi handgemaakte items en silwer juweliersware en diep laat grawe in ons beursies! Daar was ‘n heerlike ontbyt wat ons sommer krag gegee het vir die res van die dag. Heerlike samesang het die regte atmosfeer geskep vir ons gaskunstenaars en spreker. Marietjie Beukes en Robin Ransom het ons weggevoer met hul vertolkings op die klavier en klarinet. Ons gasspreker, dr Peet Vermeulen van GK Wapadrant, het die tema: Intimiteit met God so mooi toegelig en ons almal weer onder die indruk van hierdie groot gawe, maar ook groot verantwoordelikheid gebring! ‘n Baie groot dankie aan die bestuur en elke suster wat so hard gewerk het om ‘n sukses van hierdie dag te maak. Aan God al die eer!

IMG_0284 IMG_0288 IMG_0283 IMG_20200307_101451 IMG_20200307_101355 IMG_0281 IMG_0280 IMG_0279 IMG_0278 IMG_0277 IMG_0275 IMG_0273 IMG_0264 20200211_095828 IMG_0246 IMG-20200125-WA0003 IMG_0234IMG-20200312-WA0045 IMG-20200312-WA0019IMG_0290 IMG-20200312-WA0031 IMG-20200312-WA0034 IMG-20200312-WA0036 IMG-20200312-WA0040 IMG-20200312-WA0041 IMG-20200312-WA0043

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *