basaar

Basaar 2014: 3 dae oor

Die opgewondenheid loop hoog en die geskarrel om die laaste dingetjies klaar te kry, raak al hoe meer!  Die wit olifanttafel loop oor, die “minute to win it” se apparaat is kant en klaar, die boeke begin opstapel en die reuk van heerlike pasteie het heeldag in die saal gehang!  Die plante het hul vere reggeskud, die pannekoekbakkers, bakkers, braaiers, ens is slaggereed en die biltong en droë wors laat almal se monde water!  Moenie ‘n sekonde van al die opwinding mis nie!

Ons sien daarna uit om saam met JOU te kuier op Saterdag, 31 Mei vanaf 08:00 by die kerk.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *