basaar

Basaar 2014: 7 dae oor!

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse basaar en die wiele spin behoorlik soos wat almal werk om alles voor te berei.  Kom besoek ons vir heerlike wildsbiltong, droë wors en vars wors, heerlike gebak (sout en soet), handwerk, juwele en al die eetgoed wat onlosmaaklik deel is van ‘n basaar.  Veral as die tema is: Uit toeka se dae.  Dan is daar natuurlik “Minute to win it” met ‘n moontlike prysgeld van R5 000.00!

Datum en tyd:  Saterdag, 31 Mei 2014 vanaf 08:00.

Plek:  Kerkgebou, h/v Colley en Bazleystrate, Port Shepstone (Tussen provinsiale hospitaal en veearts).

Vir meer inligting kontak gerus vir Liana Schutte by gksuidkus@gmail.com.