Fokustyd, week 6 – Donderdag

Donderdag – Verskillende benaderings tot die Christelike lewe en bediening.

v Romeine 14: 1-12

Afhangend van hul volwassenheid in Christus, is mense op verskillende plekke in hul vryheid in Christus. Sommige voel dat, as gevolg van Christus, hulle baie vryheid het tov van allerhande moets en moenies. Ander voel weer dat hulle ontrou is aan Christus wanneer hulle vir hulself dieselfde vryheid toelaat. Die probleem ontstaan nou dat ons sondige harte wil neersien op die wat onvolwasse is of die wat volwasse is wil veroordeel. Waar pas jy? Waar verhinder dit jou vermoë om nog steeds jou broers en susters met liefde te dien? Slegs God ken ons harte en ons word hier opgeroep om die beoordeling daarvan aan God oor te laat en eerder mekaar se voordeel te soek. Gaan jy anders saampraat as mense weer staan en stoom afblaas?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *