Inligting vir vakansiegangers

Dis amper weer tyd vir ‘n welverdiende ruskansie vir almal en ons verwelkom al die besoekers aan die Suidkus.  Mag julle heerlik rus en na liggaam en siel verkwik word.  Vir julle gerief die volgende inligting: Eredienstye:  Elke Sondag om 09:00. Versoeningsdag, 16 Des.  Erediens om 09:00 in ons kerkgebou. Kersdag, 25 Des.                Erediens om 09:00 in ons kerkgebou. Kom besoek ons gerus ook ons pannekoekstalletjie by Margate Mardigrass [langs die Poskantoor]. Vir meer inligting kontak ons gerus…

Algemene inligting vir derde kwartaal

So begin ‘n nuwe kwartaal te midde van heerlike reën en lekker koue weer! Ons wil graag alle ouers, skoliere en kategete ‘n voorspoedige kwartaal toewens. Sterkte veral vir die matrieks vir wie die tyd nou vinnig minder word! Soos gewoonlik is dit ‘n vol kwartaal met allerhande aktiwiteite, so loer gerus by “Aktiwiteite” om te sien wat alles gaan gebeur die volgende paar maande en dagboek dit sommer solank.  Ds Garrie gaan volgende week die algemene vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging te Potchefstroom…

Aktiwiteite vir die tweede kwartaal

Die somer is amper iets van die verlede en so saam met die naderende winter, begin ons ook die tweede kwartaal. Gelukkig is daar so baie lekker dinge in die vooruitsig vir hierdie kwartaal dat ons sommer gaan vergeet van die winter! Die belangrikste is natuurlik ons basaar op 30 Mei, maar daar is ook al die Bybelstudies, lekker kuiers en natuurlik is dit ook hemelvaart en pinkster gedurende hierdie tyd. Maak gerus ‘n nota van al die datums (onder Aktiwiteite hier langsaan) en maak…

Inligting vir vakansiegangers

Ons verwelkom alle vakansiegangers aan die Suidkus en wens julle ‘n heerlike rustydjie toe. Vir julle gerief die volgende inligting oor ons eredienstye: Goeie Vrydag 09:00 Sondae 09:00 Kom kuier gerus ook vir ons by die pannekoekstalletjie langs die poskantoor tydens die Margate Mardigrass op 01 en 08 April. Vir meer inligting skakel gerus vir Liana Schutte by 039 682 6569.