Eredienstye gedurende Aprilvakansie en Paasnaweek 2026
Ons nooi al die besoekers aan die Suidkus hartlik uit na ons eredienste tydens die Aprilvakansie en ook met Paasnaweek. Sondag, 29 Mrt Erediens, 09:00 …
Ons nooi al die besoekers aan die Suidkus hartlik uit na ons eredienste tydens die Aprilvakansie en ook met Paasnaweek. Sondag, 29 Mrt Erediens, 09:00 …
Dit is met groot dankbaarheid teenoor die Here dat ons gemeente ds Petrus Jansen van Nieuwenhuizen en sy vrou, Ida, by ons verwelkom. Ds Petrus het onlangs by Gereformeerde Kerk Marble Hall geëmeriteer en gaan ons gemeente DV bedien tot einde Mei 2026. Ons bid hom en Ida ‘n geseënde verblyf en bediening hier by ons toe.
Baie welkom aan al die besoekers hier by die Suidkus. Mag jul ‘n heerlike rustydjie hê! Ons eredienstye vir die vakansie is soos volg: Sondae: 09:00 16 Des 09:00 25 Des 09:00 Ons sien daarna uit om jul by ons te verwelkom!
Ons nooi al die besoekers aan die Suidkus hartlik uit na ons eredienste hierdie Paasnaweek. Vrydag, 18 Apr Goeie Vrydag 09:00 Kollekte: Bybelverspreiding Sondag, 20 Apr Paassondag 09:00 Mag ons hierdie Paastyd weer opnuut herinner word aan Christus se opofferende liefde en mag ons uit dankbaarheid vir Sy groot offer, elke dag daarna streef om meer en meer in gehoorsaamheid aan God te leef.
Alle besoekers word hartlik uitgenooi na die volgende eredienste tydens Paasnaweek: Vrydag, 07 April 09:00 Sondag, 09 April 09:00
Die kerkraad maak bekend dat, indien die situasie nie sou verander nie, die eerste diens weer sal plaasvind op 19 April 2020. Hier volg ‘n skakel van ds Herman Coetzee van Amanzimtoti waar daar na direkte uitsendings van dienste op facebook gekyk kan word: https://www.facebook.com/groups/1095106730830885/ Kliek net op die skakel en sluit aan by die groep. Baie sterkte en mag God ons vashou en laat ons ook in hierdie tyd altyd Sy naam verheerlik.
120 Susters vanoor die hele KZN – Vryheid tot Empangeni, Newcastle tot Amanzimtoti en almal tussenin – wat ‘n voorreg was dit nie om almal hier te ontvang nie! Die weer het saamgespeel met ‘n heerlike sonskyn dag en die lekker kuiers het almal se harte sommer warm gemaak! Die pragtige blomme in die voorportaal, kerk en saal het die tonge aan die praat gehad! Die uitstallers het ons ons laat verkyk aan mooi handgemaakte items en silwer juweliersware en diep laat grawe in ons beursies!…
Met die oog op die 500-jarige herdenking van Hervorming op 31 Oktober, gaan ons oor die volgende paar weke ‘n reeks artikels plaas wat ook in ons gemeentenuusbrief verskyn (het). Baie dankie aan Thys Lourens wat dit vir ons geskryf het.
Docenda beplan om volgende jaar met ‘n tweede groep teologiese studente te begin in ons gemeente en ook om ‘n bykomende fasiliteerder aan te stel. Die minimumvereistes is Matrikulasievrystelling met ʼn APS-telling van 24 vir matrikulante en as die aansoeker ouer as 23 jaar is, kan voorwaardelike vrystelling gegee word totdat die persoon die eerste jaar slaag en aansoekers ouer as 45 jaar verkry volle vrystelling. Die gewone BTh “Oop” program kan deur enigeen (uit enige denominasie) geneem word. Dit is ʼn 3 jaar graadkursus wat oor 4 jaar versprei word vir deeltydse Docenda- studente. Beurse word deur Docenda beskikbaar gestel aan diegene wat daarvoor kwalifiseer. Indien u belangstel, kontak asb vir ds Garrie, sel 084 581 3999 of e-pos hgschutte@gmail.com so gou moontlik. Sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September.
Wat ‘n heerlike begin vir 2016 was dit nie! Ons het lekker gelag oor die pappotte, ryspotjies, drukkokers, ens in die gemeente en elkeen het sy eie potjie gekies! Die gestoofde droë vrugte en joghurt het die weg gebaan vir heerlike hamburgers wat elkeen na eie smaak kon bou en daarna het ons éérs gekuier. ‘n Spesiale welkom aan tannie Thea en nuwe intrekkers Lewies en Carina wat vir die eerste keer daar was. Baie dankie aan die eienaars van Marlon Vakansieoord wat ons altyd…