Eredienste, Paasnaweek 2025

Ons nooi al die besoekers aan die Suidkus hartlik uit na ons eredienste hierdie Paasnaweek. Vrydag, 18 Apr Goeie Vrydag 09:00 Kollekte: Bybelverspreiding Sondag, 20 Apr Paassondag 09:00 Mag ons hierdie Paastyd weer opnuut herinner word aan Christus se opofferende liefde en mag ons uit dankbaarheid vir Sy groot offer, elke dag daarna streef om meer en meer in gehoorsaamheid aan God te leef.

Eredienste tydens inperkingstydperk

Die kerkraad maak bekend dat, indien die situasie nie sou verander nie, die eerste diens weer sal plaasvind op 19 April 2020. Hier volg ‘n skakel van ds Herman Coetzee van Amanzimtoti waar daar na direkte uitsendings van dienste op facebook gekyk kan word:  https://www.facebook.com/groups/1095106730830885/ Kliek net op die skakel en sluit aan by die groep. Baie sterkte en mag God ons vashou en laat ons ook in hierdie tyd altyd Sy naam verheerlik.

Sustersaamtrek, KZN, 07 Mrt 2020 aangebied deur GK Suidkus, Port Shepstone

120 Susters vanoor die hele KZN – Vryheid tot Empangeni, Newcastle tot Amanzimtoti en almal tussenin – wat ‘n voorreg was dit nie om almal hier te ontvang nie! Die weer het saamgespeel met ‘n heerlike sonskyn dag en die lekker kuiers het almal se harte sommer warm gemaak! Die pragtige blomme in die voorportaal, kerk en saal het die tonge aan die praat gehad! Die uitstallers het ons ons laat verkyk aan mooi handgemaakte items en silwer juweliersware en diep laat grawe in ons beursies!…

Nuwe studente vir BTh via Docenda

Docenda beplan om volgende jaar met ‘n tweede groep teologiese studente te begin in ons gemeente en ook om ‘n bykomende fasiliteerder aan te stel.   Die minimumvereistes is Matrikulasievrystelling met ʼn APS-telling van 24 vir matrikulante en as die aansoeker ouer as 23 jaar is, kan voorwaardelike vrystelling gegee word   totdat die persoon die eerste jaar slaag en aansoekers ouer as 45 jaar verkry volle vrystelling.  Die gewone BTh “Oop” program kan deur enigeen (uit enige denominasie) geneem  word.  Dit is ʼn 3 jaar graadkursus wat oor 4 jaar  versprei word vir deeltydse Docenda- studente. Beurse word deur Docenda beskikbaar gestel aan diegene wat daarvoor kwalifiseer.  Indien u belangstel, kontak asb vir ds Garrie, sel 084 581 3999 of e-pos hgschutte@gmail.com so gou moontlik.  Sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September.

Alikreukelkuier

Wat ‘n heerlike begin vir 2016 was dit nie! Ons het lekker gelag oor die pappotte, ryspotjies, drukkokers, ens in die gemeente en elkeen het sy eie potjie gekies! Die gestoofde droë vrugte en joghurt het die weg gebaan vir heerlike hamburgers wat elkeen na eie smaak kon bou en daarna het ons éérs gekuier.  ‘n Spesiale welkom aan tannie Thea en nuwe intrekkers Lewies en Carina wat vir die eerste keer daar was.  Baie dankie aan die eienaars van Marlon Vakansieoord wat ons altyd…

Fokustyd, week 6 – Vrydag

Vrydag – Lewe in liefde en vrede v Romeine 14: 13-23 Waaroor gaan die Koninkryk van God uiteindelik? Gee nie om wat ons doen nie, ons is reeds verkeerd wanneer ons die vrede en vreugde wat die Gees van God ons gee laat los het. Elke persoon moet hul eie harte voor God ondersoek: “Is wat ek doen aangenaam vir God en dien dit sy doel?” Jou aktiwiteite behoort daarop gerig te wees om vrede te bewerk en mense op te bou in hulle vertroue in die voldoende werk van Christus (v19).

Besige naweek!

Wat ‘n heerlike naweek was dit nie!  Saterdag het ons die voorreg gehad om Roxanne so bietjie te bederf met ‘n babatee (wonder wie van sy of al die oumas  het dit die meeste geniet?).  Sondag is ons tydens die eerste diens opnuut daaraan herinner dat ons die geleenthede wat God op ons pad stuur om Sy Woord uit te dra moet raaksien en aangryp.  By die Informele diens het ons geleer hoe belangrik dit is om die regte keuses te maak en watter invloed verkeerde keuses…

Inligting vir vakansiegangers en swaeltjies

Ons wens alle besoekers en swaeltjies ‘n baie lekker rustydjie toe.  Net vir algemene inligting die volgende: *  Erediens, 09:00 *  Pannekoekbak by Margate Mardigrass – elke Woensdagaand van die vakansie.  Kom besoek ons gerus by ons stalletjie langs die Poskantoor. *  Swaeltjies – voltooi asb. die inligtingsvorm wat in die voorportaal beskikbaar is, sodat ons kan kontak hou terwyl julle hier by ons kuier. Lekker kuier!