Emeritering, ds Garrie Schutte
Ds Garrie het op 02 Febr sy afskeidspreek in ons gemeente gelewe, na bietjie meer as 20 jaar in die bediening. Hy was leraar hier vanaf Augustus 2009. Vir die huidige gaan hy in Port Shepstone bly, aangesien hy nog betrokke is by die opleiding van teologiese studente deur Mukhanyo Teologiese Kollege. Ons bid hom en Liana alle seën toe op hierdie nuwe lewensfase. Mag God ook die opleidingswerk ryklik seën.