Feesbrokkie, 05 Junie 2022
As deel van ons 50 jaar feesvieringe, word daar in Junie elke Sondag ‘n spesiale feesbrokkie uitgegee wat so bietjie kyk na ons gemeente se geskiedenis en lidmate en oud-lidmate se herinneringe. Feesbrokkie 05 Jun 2022
As deel van ons 50 jaar feesvieringe, word daar in Junie elke Sondag ‘n spesiale feesbrokkie uitgegee wat so bietjie kyk na ons gemeente se geskiedenis en lidmate en oud-lidmate se herinneringe. Feesbrokkie 05 Jun 2022
Dis met groot vreugde en dankbaarheid teenoor God vir sy genade dat ons ons gemeente se 50ste bestaansjaar kan vier op 02 en 03 Julie 2022. Die program sal DV soos volg wees: 02 Julie Voorbereidingsdiens met tee en verversings daarna 03 Julie Nagmaal en ‘n ete daarna Hiermee word alle oud-lidmate en ander belangstellendes hartlik uitgenooi om te kom deel in hierdie lofprysing tot eer van ons Here. Almal wat met ons kan kom deel word gevra om Liana Schutte te kontak by 084 581…
GK Suidkus nooi alle vakansiegangers hartlik uit na ons eredienste, elke Sondag om 09:00 (h/v Colley en Bazley strate, Port Shepstone). Daar sal ook die volgende spesiale dienste wees: 16 Des Versoeningsdagdiens, 09:00 by die NH Kerk, Laer Suidkus (Scottstraat 3, Port Shepstone) 25 Des Kersdiens, 09:00 Ons bid alle besoekers ‘n veilige reis en ‘n rustige vakansie toe.
En so het die nuwe jaar sommer met verskerpte inperkingsmaatreëls begin en trek ons al in die tweede helfte van Januarie! In ooreenstemming met die regering se regulasies is daar tans nie kontakeredienste nie. Baie dankie aan ds Harry Cilliers wat elke Sondag ‘n oordenking uitstuur via Whatsapp. Indien u belangstel om op die verspreidingslys te kom, stuur asb. ‘n epos aan: gksuidkus@gmail.com. Die jaar se kalender is ook op die webwerf gelaai en is beskikbaar onder die bladsy: Kerkinligting – Suidkus Kalender. Mag ons…
Neem asseblief kennis dat die kerkraad besluit het dat daar vir die volgende 2 Sondae geen eredienste vanuit ons kerkgebou sal wees nie. Daar sal wel elke Sondagoggend om 09:00 ’n gebed, Skriflesing, oordenking en dankgebed per Whatsapp aan al die lidmate aangestuur word, vanuit ds Harry se studeerkamer.
Die jaar 2020 is een wat nie sommer gou vergeet sal word nie en het ‘n groot impak op feitlik elkeen van ons gehad. Tog kan ons aan die einde van die jaar terugkyk en God dank vir sy genade en versorging van ons gemeente. Tot dusver het nie een van ons gemeentelede Covid-19 opgedoen nie en ons weet dit is net God se voorsiening. Hier volg so ‘n kort oorsig oor ‘n paar gebeure die afgelope jaar: 02 Feb Ds Garrie emeriteer en na…
GK Suidkus nooi alle vakansiegangers hartlik uit na ons eredienste, elke Sondag om 09:00. Die Versoeningsdagdiens en Kersdiens sal ook om 09:00 plaasvind. Ons adres is: H/v Colley en Bazley strate, Port Shepstone. Vir enige navrae, stuur asb. ‘n epos aan: gksuidkus@gmail.com.
Neem asb kennis dat die kerkraad, in oorleg met die konsulent die volgende besluit geneem het: Dat, in die lig van nuwe inligting wat ontvang is en die gemeente se hoë – risiko profiel, kontak- eredienste tot verdere kennisgewing uitgestel word.
Kontak eredienste in ons gemeente sal DV van volgende Sondag, 28 Junie, hervat word, met inagneming van al die grendeltydperk regulasies. Ds Herman Coetzee sal eerskomende Sondag die erediens lei en daarna sal daar ‘n Breë Kerkraadsvergadering gehou word.
Lees: Efesiërs 1: 3-14 (13-14) Almal van ons is in mindere of meerdere mate maar bekommerd oor die veranderinge wat tans plaasvind. Ons is maar onseker oor wat met ons gesondheid kan gebeur, veral nou dat die maatreëls meer verslap word. Gaan ek steeds veilig wees, of gaan ek siek word? Of is dit bloot ‘n vraag van: wanneer gaan ek siek word? Daar is groot onsekerheid oor die landsekonomie en hoe dit my sak in die toekoms gaan raak. Groot skuld is aangegaan deur…